ALLAMAPSTIEKS! THERON`S VLEISPRODUKTE KUIER OP ONTBYTSAKE!
Op 10 Mei 2015 was daar `n raserige opgewondenheid onder Theron`s Vleisprodukte se personeel en die fabriekswinkel en vervaardigingsaanleg was slaggereed vir `n opwindende gebeurtenis!
Ontbytsake, `n gewilde oggendprogram op Kyknet, het `n video-insetsel vir hulle Pretoria-Wes Besigheids-FOKUS-program kom vervaardig.
Theron`s Vleisprodukte se span kon met trots ons fasiliteit, produkte en dienste ten toonstel.
Ons bedank graag die publiek vir julle volgehoue ondersteuning en vriendelikheid.
`n SPESIALE DANK AAN: FLINKDINK KLEUTERSKOOL in Malherbestraat Capitalpark, vir hulle bydrae in die vorm van opgewonde kleuters wat Theron`s se Vingerlek-lekker warmbrakke, soos smulpape verorber het en ons advertensie insetsel op `n hoë noot laat eindig het.
Dankie aan Colette Schultz, getroue klant, sowel as diensverskaffer van ons gedrukte media advertensies.
Laaste, maar nie die minste nie bedank ons, ons dierbare vriend en klant wat ons hartsogtelik ondersteun; WELBEKENDE SANGER EN SINGENDE SJEF: Meneer Kevin Leo!
Dit bly `n voorreg om `n deel te wees van `n besigheid wat vir baie mense, `n ekstra randjie in die sak bring deur besparings op kosaankope, sowel as die daarstelling van loopbane en `n inkomste vir die werknemers, in ons diens!
Geniet ons 1 minuut Besigheids-FOKUS deur hierdie skakel te volg:
https://www.youtube.com/watch?v=wwA_K9CrcCs